Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER - LICHTENBURG  -  Daar is meer as baie, baie slaggate minder te danke aan die AfriForum-tak in dié dorp. 
Die tak het in September en Oktober sowat 190 m2 se padoppervlak met 14 ton teer herstel in Republiekstraat, 10 ton teer gebruik om slaggate in Carolstraat, naby Hoërskool Lichtenburg te herstel. Slaggate op die kruising van Le Rouxweg en Breëstraat gevul. Dit het 7 ton teer gevat.

“Ons wil graag ons opregte dank oordra aan elke persoon en onderneming wat gulhartig bydra tot hierdie tak se aksies – sonder julle kan ons nie doen wat ons doen nie. Ons wil graag ook in besonder vir NWK bedank wat hul snymasjien en roller beskikbaar gestel het en ook teer en bitumen geskenk het. Pine Pienaar en sy span het ongelooflike goeie werk gedoen. AfriForum se Lichtenburg-tak het net weereens bewys wat bereik kan word as ons besluit om iets te doen in plaas daarvan om net toe te kyk hoe infrastruktuur agteruitgaan,” sê Armand Viljoen, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groot Marico.
“Ons is verheug oor die sukses van hierdie projek en die positiewe impak wat dit sal hê op padveiligheid en verkeersvloei in hierdie area. Ons is ook dankbaar om die ondersteuning van die gemeenskap te hê asook die ondernemings wat ons weliswaar as vennote in hierdie projekte beskou,” sê Pine Pienaar, projekleier van die slaggatprojek in Lichtenburg. 
Afriforum se Lichtenburg-tak daag onder-nemings en individue uit om deel te word van hierdie belangrike gemeenskapsinisiatief deur teer te skenk of donasies vir teer te maak.