Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER - LICHTENBURG – Bloubessies is die Noordwes VLU vrug van die jaar. Op 25 Oktober 2023 het gasvrou Marié Joubert die vroue van Grootpan VLU op ‘n baie leersame uitstappie geneem na ‘n bloubessieplaas.  
Terwyl ons heerlik gesmul het aan die bessies vertel Sulise Kruger ons meer van die plaas wat in 2017 begin is en die bessieboorde wat 40 Ha beslaan.

Hulle kweek en plant net Costa variëteite en alles is vir die uitvoer mark. In die winter van Mei tot Augustus maak hulle gebruik van innoverende metodes om die koue van die bessies af te weer. Oestyd is van September tot Desember. Hulle gebruik hoofsaaklik biologiese insek beheerde tegnieke in die boorde. Inus Pretorius vertel en wys ons meer van die besproeiings stelsels. Die eienaar Daan du Plessis bederf ons met heerlike verversings na die tyd. Hiermee ons dank aan Mnr.du Plessis vir die vergunning om die plaas te kon besoek. Baie dankie vir almal wat teenwoordig was. Die volgende vergadering vind plaas in Januarie 2024.  Vir meer inligting skakel gerus vir Azel by 0833024722.