Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER – ZEERUST - Met haar boek, BARA – the Hidden Mystery of Genesis I gaan die skrywer terug na die verlede, na die begin, soos dit móét wees, met die regte kennis om die toekoms, die einde, te gaan verander soos gesien word deur haar oë. 
Dit is leestof wanneer jy tyd het om tussenin baie na te dink en te bepeins en ‘n besluit te neem.
Die outeur kom van Sannieshof waar sy grootgeword het. Sy het drie kinders en is tans gevestig in Zeerust. Sy skryf onder die skuilnaam Metanoia wat beteken die gedagteverandering wat in bekerings teweeggebring word.

Eens in ‘n leeftyd kom ‘n joernalis op ‘n storie af wat mens heeltemal sprakeloos laat, wat ‘n mens eers moet verwerk en oordink. Omdat die genre fiksie is, is die vraag, kan daar dalk logika ingesluit wees? ‘n Mens wonder as dit van God af kom soos wat Metanoia skryf, wat dan?
Dit was my ondervinding met die boekbekendstelling van BARA – The Hidden Mystery of Genesis 1.
Die verhaal gaan oor Bara Cohen, ‘n genie, en hy stel baie belang in plante, later in die Wetenskap. Saam met ‘n vriend, Michael beland hulle in Israel en Bara ontdek ‘n skat, begrawe op ‘n rivierbank. Dit was ‘n ring. Nie sommer net ‘n ring nie. Lees en beleef die reis en ontdekkings waarmee hulle te doen kry. 
Hoe het Bara se ontdekking sy hele lewe en uitkyk verander? Net in tyd…
Vir meer inligting oor die boek Bara, besoek webtuiste - This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.