Die NGO “Change Through Sport” het uitstekend gevaar tydens ‘n onlangse plaaslike karate kampioenskap.
Die CTS-karatekas het hierdie kampioenskap gebruik ter voorbereiding vir die Nasionale Karate Kampioenskappe later vanjaar in Durban.
Enige belangstellende persoon kan Shihan Beukes kontak by 073 994 6338 vir verdere inligting.
Freestyle Dressage Championship
Kathu Perdeklub held a Freestyle Dressage Championship last weekend .
Riders from Kathu, Potsmansburg, as well as Deben en Augrabies attended.
The Riders competed in Prelim to Medium classes, and we saw some good quality horses and sport .
The Northern Cape Dressage Sport can be really proud of the riders and horses they produce.
Kathu Perdeklub organised a good show with Carla Jacobs and Laura Kotze (all the way from the Western Cape) as judges.
Adult, Junior, and Children Riders could test and show off their abilities.
NK Skole netbal provinsiale uitspele
Op Vrydag 17 en Saterdag 18 Mei 2024 het NK skole netbal Provinsiale uitspele vanaf O/12 - O/19 plaasgevind
Die geleentheid het by HS Duineveld O/19, Laerskool Oranje Noord O/17 , Laerskool op die Voorpos en HS Upington plaasgevind.
Kookwater netbal is gespeel. Goeie kompetisie gees het geheers met ‘n lag hier en ‘n traan wat so nou en dan weggepak was.
Die speelsters het hulself oortref deur nael-skraap oorwinnings tot by ‘n sudden death in van die wedstryde.
Kolskoot vir Uppie-skuts
Hoërskool Upington se skietspan het die naweek aan die 4de Liga by HS Kalahari deelgeneem.
Die uitslae was soos volg:
0/14 Veer:
1. 3P - Jade Snyders
2. 3P - Crudan Humphreys
3. 3P - Clariza Swart
1. Staan - Jade Snyders
2. Staan - Crudan Humphreys
0/16 Veer:
1. 3P en Staan - Johan Serfontein
0/16 Sporter:
2. Staan - Annika Greyvenstein
1. 3P - Annika Greyvenstein
0/21 Sporter:
3. 3P - Durin Smith
2. Staan - Durin Smith
0/14 Pistool:
2. Nelmari Maass
0/21 Pistool:
2. Matthew Wessels
0/21 Rapid Fire:
2. Matthew Wessels
0/21 Veer:
2. 3P - Jascha Scheepers
2. Staan - Jascha Scheepers
Sportuitslae by FNB Classic Clashes
Hoërskool Upington en Duineveld het die afgelope naweek weer die dekades-lange tradisie van die FNB Classic Clashes, oftewel Klein Interjol, met skouspelagtige sport voortgesit. Hier volg die uitslae:
RUGBY: Velties se Wittes wen 17-15 teen Uppies se 19A
Velties 19B wen 25-23 teen Uppies
Die 16A’s speel gelyk op 14-14
Velties 16B verloor 8-20 teen Uppies
Hokkie by FNB Classic Clashes
Hoërskool Upington en Duineveld het die afgelope naweek weer die dekades-lange tradisie van die FNB Classic Clashes, oftewel Klein Interjol, met skouspelagtige sport voortgesit. Hier volg die uitslae:
Dogters Hokkie uitslae:
Velties se
GEMSBOKKIES wen 2-1 teen Hoërskool Upington 19A
Velties 19B wen 1-0 teen Uppies 19B
Velties se 16A wen 2-0 teen Uppies
Velties se
Stokstertjies (14A) wen 6-0 teen
Uppies
Hy verteenwoordig SA by Bricks-spele in Rusland
Willem Nortje, een van Upington se bekende perdemanne en sy Appaloosa-reun, At Last Asuul, het die afgelope naweek deelgeneem aan twee afsonderlike Tentpegging (Gymkhana) kompetisies in Bloemfontein.
Die eerste was Vrydag 3 Mei, ‘n Divisie toets waarin nege spanne teen mekaar deelgeneem het. Willem was een van vyf ruiters in die SA Meesters span en sy span het algeheel 4de geëindig.
Die tweede kompetiese was Saterdag 4 Mei, die jaarlikse Meesters Kampioenskappe. Daar het Willem algeheel eerste geëindig en hy is ook aangewys as, “Best Man at Arms”. Hy is verkies tot die Meesters-mansspan, asook die Meesters-meriete span. Willem en sy span het ook verskeie pryse gewen op die kampioenskap. Willem is saam met twee ander ruiters verkies om Suid-Afrika in Junie maand te verteenwoordig tydens die Bricks-spele in Rusland.
Medaljewenners op duiweskou
GEMSBOK-UPINGTON: Die Noord-Kaap Sierduifvereniging het onlangs hul streekskou gehou. Vertoners uit sewe provinsies het kom deelneem aan die skou wat bestaan het uit 45 rasse van die 35 vertoners. Altesaam 428 duiwe.
Hierdie jaar is daar ook ‘n Modena Prestige Skou, saam met die streekskou, aangebied.
Maritz-broers by Wêreldbeker Langafstand Skyfskiet
GEMSBOK-UPINGTON: Die twee Martiz-broers, Gerhard en Johan Maritz, het onlangs aan wêreldklas kompetisies in Bloemfontein deelgeneem.
Hulle skiet al van jongs af. Gerhard en Johan Maritz het grootgeword op hul ouers se plaas (Broden), waar hulle as jong seuns al kennis gemaak het met gewere wanneer daar gejag word .
Hul ouers, Johan en Ina Maritz, het albei Protea kleure in Bisley Skiet, gevolglik wou hulle in dieselfde voetspore volg.
Pa Johan moes sorg dat hulle die regte toerusting kry en so was hulle in ‘n goeie leerproses.
In hul vroeër hoërskooljare het hulle reeds aan die jaarlikse SA Bisley Kampioenskappe op die De Wet Skietbaan buite Bloemfontein deelgeneem.
Saalperd Nasionale Kampioenskappe
Kayla King, het verlede week aan die S A Saal-perd Nasionale Kampioenskappe in Bloemfontein deelgeneem. Sy het aan die 3-gang kinder ryperd onder 18jaar afdeling, met Legolas gery, onder afrigter Stephne Krugell. Kayla het ‘n welverdiende 3de plek op die Bloemskou verower en dit op ‘n wildvreemde perd. Voor dit, het sy maar nog net drie keer in die baan met Legolas geoefen - welgedaan.
Future Stars FC vorder goed
Future Stars FC, het as jong klub al hul stempel afgedruk in liga wedstryde.
Die klub is amptelik in 2021 gestig en het in die O/17 Dawid Kruiper Ontwikkelingsliga deelgeneem.
In 2023 eindig die span tweede in die O/17 Ontwillelingsliga. Tans bestaan die klub uit ‘n O/13, O/15 en ‘n senior span, wat in die Super Promotional League deelneem.
Noord-Kaap Sierduifvereniging hou skou
GEMSBOK-UPINGTON: Saterdag, 27 April 2024. bied Noord-Kaap Sierduifvereniging hulle streekskou aan in Upington op die skougronde in die Max Minnaar saal.
Daar word 428 duiwe geskou deur 35 vertoners wat 45 rasse vertoon!. Daar is van die grootste rasse, Runts en Gross mondains, tot die kleinste ras, die Portugese tuimelaar! Verto-ners uit sewe provinsies kom neem deel aan die skou.
Hierdie jaar is die streek bevoorreg om ook die Modena Prestige Skou aan te bied saam met die streekskou. Daar word 89 Modena’s vertoon deur 9 Modena telers. Van die beste Modena’s in die land neem deel aan die skou. Dit is die ras met die meeste kleure, ‘n moet om te kom kyk.








