Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Dis ‘n storie wat jou kort-kort laat vra of jy nou hier moet lag – en of sou ‘n traan of twee dalk meer van pas wees? Want Morné Malan smokkel met jou kop. Van sy karakters kul jou met hul woorde wat lig klink, maar jou vinnig laat besef daar is veel meer om die lyf as op die oog af.

Minder as water is die verhaal van die die plekkie Bitterwater. Na die regering besluit om ’n nuwe dam in die omgewing te bou, moet hierdie vergete gehuggie met sy vergete mense ontruim word voor die waters kom. Wanneer die bejaarde sendelingdominee op ’n dag poedelkaal en gewapen met ’n stokou Mauser en ‘n Bybel tussen die dorpsmense invaar, word Konstabel Cheslin Fielies, vars oorgeplaas van die Cape Flats, betrek by die eindtye van Bitterwater.

Dit raak Cheslin se taak om die mense te oorreed om die dorp te verlaat voor die regering toeslaan en die area ontruim. Maar hoe meer hy die mense leer ken, hoe meer ontferm hy homself oor hulle, veral Miriam, die sendeling se vrou.Maar Cheslin begin ook vermoed daar lê geheime verberg in dié klein gemeenskap, geheime wat deur die waters weggespoel gaan word.  Minder as water word deur Penguin Random House SA uitgegee.
Indien jy meer oor die boek, of die skrywer wil weet, gaan loer op hul webwerf.