Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Giulia le Roux is die baie bekende Nataniël se peetdogter. Sy woon saam met haar ouers, sussies, twee honde en ‘n kat in die pragtige Franse stad, Nantes. Giulia mag dalk nog net nege jaar oud wees, maar dié verbeeldingryke meisiekind is ’n belowende jong skrywer met ’n passie vir stories vertel. Haar liefde vir lees het reeds op slegs sewe-en-’n-half-jarige ouderdom aangespoor om haar eerste boek te skryf. Sy put inspirasie op beide haar Suid-Afrikaanse en Franse agtergrond en spandeer ure in rolspel en om haar verbeeldingryke idees neer te skryf.

Wanneer sy nie in haar eie storiewêreld verlore is nie, geniet Guilia perdy en om wêreldkaarte te verken.  Vyf verlore vere is ‘n heerlike en verrassende avontuurverhaal deur die talentvolle skrywertjie. Tydens haar daaglikse stappie ontdek Colette, ’n klein hennetjie, die gans, Viviane, se verlore veer en besluit om dit te gaan teruggee. 
Die boek is ook in Engels beskikbaar en peetpa Nataniël het met die Engelse vertel van die storie hand bygesit. Vyf verlore vere / Five lost feathers word uitgegee deur LAPA Uitgewers.