-
Oudprokureur van strafbare mansslag aangekla
Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die man wat agter die stuurwiel was van ‘n motor wat vasgejaag het in ‘n ander motor waarin vier jong Klerksdorpers dood is, het vandeesweek weer in die verkeershof verskyn.
Edward Letsie se identiteit is verlede week vir die eerste keer bekendgemaak na die ongeluk wat 15 maande gelede gebeur het. Hy het op vier klagtes van strafbare mansslag verskyn. Cherice Grobler, sussie van Ruan Esterhuizen wat in die ongeluk dood is, beskryf dit as ‘n baie emosionele oomblik toe Letsie in die hof verskyn.
Sy en ander familielede, ook die van Jackie Willis, Max Knott-Craig en Jané Janse van Rensburg wat in die motorongeluk dood is, het die hofverrigtinge bygewoon.
“Dit was eintlik baie deurmekaar en hulle was nie voorbereid nie. Klink of hulle gedink het die saak kom eers Vrydag voor,’’ het Cherice gesê. Die saak is toe uitgestel na Woensdag 28 Januarie sodat afskrifte van die dossier aan Letsie se prokureur verskaf kan word. Letsie wat voorheen self ‘n prokureur was, praktiseer glo nie meer nie.
Klerksdorpers praat nou nog oor die ongeluk die Sondagaand van 13 Oktober 2024 in die kruising by Platanstraat en die N12. Daar was groot ongelukkigheid oor die bestuurder van die Mercedes Benz wat teen die jonges se motor gebots het, die toneel verlaat het.
Op die een jaar herdenking van die ongeluk, het Cherice ‘n byeenkoms by die ongelukstoneel gehou wat deur honderde mense bygewoon is. Toe het almal weer gepraat oor die polisie ondersoek wat sloer.
Die polisie het in Desember bekendgemaak dat Letsie gedagvaar is om in Januarie in die hof te verskyn. Die saak is uitgestel na 16 Februarie in die streekhof.
-
CFO position now vacant
Klerksdorp Record, Klerksdorp - After days of uncertainty last week over the future of the city’s embattled CFO, the call was eventually made to terminate Mercy Phetla’s service.
It was an inevitable situation, said DA Cllr Gerhard Strydom, Phetla had to go. “Regulations governing disciplinary processes for senior managers are clear. Council has no authority to interfere with the process and legally is obliged to implement the outcome of the disciplinary hearing where she was found guilty of gross misconduct.’’
-
“Drunk’’ Cllr sorry for his behaviour
Klerksdorp Record, Klerksdorp - Wesley Kgang, an ANC councillor and member of the Mayoral Committee (MMC) at the Matlosana Municipality, issued an unreserved apology on Monday January 28, following his arrest and charges related to drunken driving.
The apology comes after several videos went viral over the weekend, showing Kgang resisting and shouting at North West Traffic Police officers. Dressed in fashionable attire, the 36-year-old councillor addressed the media outside the Klerksdorp Traffic Court.