Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Plaaslike parkrunners is dankbaar noudat die voëlpark se gras gesny is, want dit het byna skouerhoogte gestaan en veral bejaardes en kinders wat aan die parkrun deelgeneem het, verdwerg.

AfriForum se Klerksdorp-tak het onlangs die netheid en veiligheid van die voëlpark in sy eie hande geneem deur die lang gras te sny waar deur talle inwoners weekliks die Parkrun moet hardloop. 

Dié park word vir ’n geruime tyd al nie behoorlik onderhou nie, maar om te verseker dat die spasie veilig benut kan word, gaan die Klerksdorp-tak voorts die park instandhou.

Bridget Kleu, die parkrun direkteur, het AfriForum bedank en gesê hulle is so dankbaar vir die instandhouding.

“Ons kry skaam vir die park as ons besoekers ontvang, wat dit word nie onderhou nie. Ons moet altyd op Vrydae gaan vullis optel, net om die plek beter te laat lyk, maar met die gras wat nou gesny word, lyk dit sommer stukke beter. Baie dankie.’’