Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

5 September 2025

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - ‘n Geliefde dokter wat bykans ses dekades as narkotiseur in Klerksdorpse hospitale gewerk het, is oorlede.

Dr Mike de Bruin was 94 jaar oud. Hy is op Sondag 31 Augustus  in Wilmedpark Private Hospitaal oorlede nadat hy twee dae vantevore opgeneem is weens ‘n beroerte. Hy het saam met sy vrou in Flamwood Aftree-oord gewoon.

Dr De Bruin was saam met dr Lazar Marcus die eerste twee narkotiseurs wat in Klerksdorp as spesialiste begin praktiseer het in 1961. Sy jongste seun, dr Wouter de Bruin, ‘n oftalmoloog in Kanada, het aan Klerksdorp Rekord gesê sy pa het generasies van jong dokters by die Klerksdorp- en Tshepong hospitale geleer narkose doen. “Hy was ‘n legende wat kort voor sy aftrede ‘n meriete-toekenning ontvang het as langsdienende narkotiseur in Suid-Afrika.’’

Dr Mike het met die aanvang van die pandemie in 2020, op 89-jarige leeftyd afgetree. Aldrie sy kinders het hul as mediese dokters bekwaam. Twee woon in Kanada en sy oudste seun, Dewald, is ‘n uroloog in Johannesburg.

“My pa se werk was sy passie. Hy was baie lief vir die Wes-Transvaal en het ‘n kleinskaalse boerdery bedryf naby Bothaville waar hy ‘n lappie grond gehad het. Sedert hy in 1961 in Klerksdorp gearriveer het, wou hy nooit wegtrek nie. Nie eers na sy aftrede om nader aan my broer in Johannesburg te wees nie.’’

Die familie beplan om hul pa se lewe te vier in Oktober wanneer almal byeenkom vir hul ma se 90ste verjaardag.