Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Dink wyn, dink musiek, kos, gedigte en dink kuns - dit was die wenresep by nog ‘n suksesvolle wynparingsaand op Vrydag 29 Augustus, wat deur die Klerksdorp Wynproewersgilde in samewerking met The B Gallery aangebied is.

Die wyn van die Rietvallei Landgoed in die Robertsonvallei was onder bespreking en die verskillende versnitte is saam met heerlike peuselhappies bedien. 

 

Elke wynparing is ook met die voordrag van ‘n gedig vergesel en daarby saam was die kunswerke van plaaslike kunstenaars in die huidige uitstalling Naakte Siel te besigtig.

Kaartjies vir die geselligheid was beperk tot vyftig en het soos soetkoek verkoop. Klerksdorpers het hulle verlustig in die aand van goeie wyn, lekker geselskap en kuns. 

Salomé Kotzé het saam geproe en foto’s geneem.