Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Alles is in plek vir die Pick n Pay stalletjiemark op Saterdag 26 April van 08 00 tot 13:00. Die spesiale gaste vir die dag is die Kraken armdrukklub van Klerksdorp.
Die klublede sal ‘n demonstrasie lewer waar almal die moets en moenies van arm druk kan leer. Die gemeenskap van Klerksdorp word spesiaal genooi om aan die armdrukuitdaging te kom deelneem. Kom druk arm teen jou vriend of teen die lede om ‘n prys te wen.
Kom ondersteun die sowat 45 uitstallers wat daar gaan wees. Daar is nog staanplek beskikbaar teen R120. Die sosatie- en worsbroodjiestalletjie is nog beskikbaar vir Saterdag. Skakel Tinus van Staden 083 294 8077 vir navrae en stalletjiebesprekings.