Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die liefde bedek alles, glo alles, hoop alles en verdra alles. Die liefde vergaan nooit nie.

Dié woorde in Korinthiërs kan net so wel aan Harry en Susan Badenhorst van Klerksdorp opgedra word. Die afgetrede egpaar het vandeesweek hul 55ste huweliksherdenking gevier en al is Susan nie meer die blosende 18-jarige wat vir Harry op hul troudag op 7 April 1969 ja gesê het nie, is hy nog steeds die enigste man vir haar.

 

Hulle het mekaar in 1968 in Klerksdorp ontmoet en die liefde het geblom. Hulle is op haar verjaardag getroud en het hulself in die dorp gevestig. Twee kinders, Herman en Bregda is uit die huwelik gebore. 

Harry (77) en Susan (73) is bekende gesigte in die omgewing en veral Susan word steeds herken as die vriendelike skoolbusbestuurder. Sy het tot in 2018 vir 32 jaar skoolbus bestuur vir HTS, Keurhofskool en Milner. Dit is dae wat sy nie eintlik mis nie, glimlag sy. “Daardie skoolbus se skud het maar sy tol geëis. Ek het Klerksdorp se strate plat gery, gelukkig was daar toe nog nie so baie slaggate soos nou nie.’’

Harry het hand bygesit met die busbestuurdery nadat hy op 57-jarige ouderdom vroeg moes aftree toe hy as meterleser in die Kosh-gebied afgelê is. “My handlanger het my werk gekry en toe moes ek gaan.’’ Daar was nie tyd vir wroeg nie en hy het besluit om sy lewenslange droom te verwesenlik om sy eie stukkie grond te kry. Hy boer nou al 19 jaar met beeste en is daagliks op die plaas doenig. 

Ses jaar gelede het hulle die busse verkoop en woon nou in ‘n aftree-oord in Klerksdorp waar Susan haar besig hou met he-kelwerk en “komberse hekel vir die kleinkinders’’.

Natuurlik is die kleinkinders hul trots. Daar is vier van hulle en ouma en oupa reis gereeld na Pretoria of Bloemfontein om by die kinders te kuier. “Een studeer ingenieurswese en ons kleindogter is vierde jaar mediese student. Nog een is ‘n eerstejaar en die jongste kleinseun is in gr 11,’’ gesels ouma Susan.

“Die Here was vir ons so goed,’’ sluit Harry die gesprek af. Dit is tyd dat hy op die plaas kom.