Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die VF Plus het die eis van die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad (Pansat) verwelkom dat die Regspraktykraad (RPR) sy besluit om toelatingseksamens vir prokureurs, notarisse en aktevervaardigers nie meer in Afrikaans aan te bied nie, moet herroep.

Die RPR het einde verlede jaar aangekondig dat toelatingseksamens van vanjaar af in ooreenstemming met sy nuwe taalbeleid wat op 20 November aanvaar is, slegs in Engels afgelê sal word.

Die VF Plus se Jaco Mulder het in reaksie hierop gesê dit is ‘n miskenning van Afrikaans en druis in teen die gees van die bevordering van veeltaligheid in Suid-Afrika. 

“Die feit dat al hoe minder kandidate hul toelatingseksamen in Afrikaans wil aflê, is juis vanweë die jarelange verguising van Afrikaans deur die ANC-regering en die instel van Engels as taal van rekordhouding in hofverrigtinge, die sakebedryf en die handel."

Die party sal die vordering van die ondersoek wat Pansat hieroor ingestel het ten opsigte van die RPR se besluit, noukeurig monitor.