Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Met die Klerksdorp Boekefees wat nou eers vroeg volgende jaar gaan plaasvind, het ‘n klompie plaaslike skrywers besluit om steeds die maand saam te kuier.

Plaaslike skrywers soos Sandy Schoeman, Petro Kotze Odendaal, Louise van der Merwe, Stefaans Coetzee en Sam-Annique Lowry gaan oor hul boeke gesels. 

Die bekende skrywer, Susan Coetzer, is die eregas en kom haar nuwe boek, Super C, bekendstel. 

Die boekekuier word op Saterdag 24 Oktober by Shack to Sanctuary aangebied. Die tema vir die laatoggend kuier (10:30 tot 14:30) is oor die kosbaarheid van vrouwees. Toegang is gratis. Boeke, koffie en koek sal te koop wees.