Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Jaco en Johann Gouws is al bekend vir hul belangstelling in trekkers - Ferguson en Massey Ferguson trekkers spesifiek.

Dié tweeling het op ‘n plaas in die Ooskaap grootgeword waar hul pa, Kobus, sy eerste Massey Ferguson-trekker in 1962 gekoop het. Sy swaer, Jan Muller, het dieselfde gedoen. Dit was ‘n Massey Ferguson 35. Die tweeling het met die trekkers op die plaas rondgery en kon reeds ploeg en plant voor hulle kon lees en skryf. 

Na hul pa se dood in 1996 het Jaco die einste trekker gekoop wat eens aan sy pa behoort het. Johann het ‘n Farmall M trekker gekoop wat sy oupa in 1945 gekoop het. Toe het die gogga gebyt en hulle het begin trekkers koop en restoureer. 

Vandag het hulle meer as 60 trekkers en die skaarsste een is die oorspronklike Ferguson TED. Hy het tot sy oorspronklike bykomstighede. Volgens die tweeling is hy die enigste van sy soort in die land en daar is baie min oorsee in ‘n werkende toestand. Sommige trekkers is in hul oorspronklike kondisie en nog nooit oorgeverf nie. Hulle het ook al verskeie pryse gewen vir restourasie waar hulle met die eerste en tweede plekke kan spog!

So baie trekkers vereis baie spasie en hulle word op verskeie plekke gestoor, onder meer by Nampo.

Die tweeling vier hul 60ste verjaardag die maand met ‘n uitstalling waar die trekkers gesien kan word op Vrydag 13 Oktober by Bokkies Pub en Braai in Songloed. Implemente wat Harry Ferguson ontwerp het, sal ook te sien wees. Hulle nooi mense uit om die dag saam met hulle deur te bring en die trekkerversameling te besigtig.

Sowat 70 trekkers sal te sien wees, 60 van hul eie asook nog tien om Massey Ferguson se 65 jaar bestaan en Massey Harris en Ferguson se 70 jaar sedert hul samesmelting te herdenk.

Hulle sal hul verjaardag op 14 Oktober saam met hul familie en natuurlik die trekkers, deurbring.