Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - President Cyril Ramaphosa se staatsrede verlede week in Kaapstad was meer party-polities van aard as ander jare, omdat ‘n nasionale verkiesing voorlê.

Prof Raymond Parsons, ekonoom verbonde aan die NWU Besigheidskool, het in sy kommentaar op die staatsrede gesê daar is duidelik nog baie onvoltooide sake op die nasionale agenda, wat ‘n meer omvattende ekonomiese plan moet insluit om werkskepping te stimuleer.

Dr Pieter Groenewald, leier van die Vryheidsfront Plus het nie doekies omgedraai nie en gesê die president en die ANC is “totaal verwyder van die realiteite van die probleme waarmee gewone Suid-Afrikaners daagliks mee worstel’’.

“Hy weet klaarblyklik nie wat gewone Suid-Afrikaners weet nie. Een voorbeeld is beurtkrag. Verlede jaar het die president beloof dat beurtkrag in 2023 iets van die verlede sou wees. Daar is nog geen sprake van nie. Iemand moet hom dalk inlig dit is nou reeds 2024. Hy skets ʼn wonderlike prentjie van werkskepping en voorspoed. Die realiteit is dat sowat 40% van alle Suid-Afrikaners en meer as 60% van die jong mense in die land werkloos is.

“Jare gelede het hy beloftes gemaak van hoëspoedtreine, slim stede en nuwe damme. Daar het niks van gekom nie. Hy vertel van die reuse werk wat rondom infrastruktuur gedoen word; van misdaadvrye omgewings en van gesondheidsorg by staatshospitale wat so goed is dat mense eerder daar behandel wil word as in private hospitale.

“Dit is totaal verwyder van die realiteit. Die VF Plus het onlangs ʼn volledige verslag uitgebring oor die totale verval van staatshospitale en die haglike omstandighede waaraan siekes uitgelewer is. Die MRK is besig om dit te ondersoek.’’

Volgens Groenewald het die president die staatsrede misbruik om ʼn verkiesingstoespraak te hou. “Die publiek is nie dom nie en hulle het lank genoeg die ANC se leuens in goeie trou aanvaar. Hulle is desperaat, honger en werkloos. Hulle ry deur slaggate, ervaar beurtkrag en sien daagliks hoe honderde desperate mense langs paaie staan in die hoop om werk vir net een dag te kry,’’ het hy gesê.

John Steenhuisen, leier van die DA, het saamgestem. “Suid-Afrikaners weet wat is ‘n staatsrede. Die land het nie nodig gehad om nog verskonings en meer leë beloftes aan te hoor nie. 

“Ons het ‘n regering nodig met oplossings.’’