Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Nuwe oranje vullisdromme is deesdae sigbaar by besige sentrums in die stad. 

Die plaaslike AfriForum-tak het hande gevat met die DA en ‘n plaaslike vullisverwyderaar om Klerksdorp netjieser te kry deur vullisdromme op strategiese plekke by winkelsentrums te plaas.

Volgens Alta Pretorius, distrikskoördineerder: Mooirivier, was daar in die verlede geen dromme om vullis in te gooi nie, wat omgewingsbesoedeling tot gevolg gehad het. 

 

 

AfriForum, die DA en Pro Skips het verlede jaar ’n loodsprojek begin waar hulle dromme by ’n winkelsentrum aangebring het. 

Dié projek was so ’n groot sukses dat daar verlede week by nog vyf winkelsentrums dromme geplaas is. 

“Pro Skips maak die vullisdromme weekliks skoon. Die Matlosana Plaaslike Munisipaliteit het onderneem om ook die dromme leeg te maak wanneer die vullisverwyderingsvragmotor daar verbygaan.” sê Pretorius.