Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

25 September 2025

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Drie sterk manne van die Orkney & Matlosana diereskuiling het die afgelope naweek ‘n kalf uit die spreekwoordelike put gehaal.

Die put in dié geval is die Vaalrivier en die kalf is ‘n koei wat op Sondag 7 September in die water beland het, en nie weer kon uitkom nie.

 

Twa-nette Dreyer het langs die rivier gekuier en sy het sowat 10:00 die dier in nood naby die oorkantste oewer gesien. “Sy het probeer uitkom, maar oral op die oewer is dit te steil. Sy wou seker water drink, maar het seker ingegly. Ons het die diereskuiling geskakel om te help, en toe daag drie jong manne op om die bees te red,” vertel sy.

Volgens Dreyer was dit ‘n gespook en spartel, in en uit die koue water en modder om die dier weer op droë grond te kry.

“Dankie vir die manne. My hart was vol vreugde toe die drie terugstap na hul bakkie. Julle was helde op ‘n Sondagmiddag vir hierdie ou tannie. Gerhard Durand, Francois en Gert Johnstone, julle is ysters, dankie.” 

Klerksdorp Rekord het met Gerhard gepraat en volgens hom was dit ‘n geswoeg en gesweet. “Die koei moes lank in die koue water gewees het, want sy was koud en verboureerd. Maar ons het haar op die wal gekry,” sê hy.

Diane Jacobs van die skuiling is dankbaar vir die manne wat vrywillig hul hulp aangebied het.