Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - “Ek wens ek het geweet wat in mense se koppe aangaan as hulle grafte skend. Dit is ‘n heilige plek. Ek kan dit nie verstaan nie.”

Buddy Shalala is ontsteld nadat van sy familiegrafte die afgelope naweek in die Klerksdorp Begraafplaas deur vandale geskend is. 

Dit is vir hom soos déjà vu, want tien jaar gelede was dit dieselfde storie. Toe het die familiegrafte ook deurgeloop. Hy beskryf dit as ‘n traumatiese ervaring wat baie geld gekos het om te herstel. "Dit was my ma en ouma se grafte en ek moes alles laat oordoen. Dit kos baie geld, en dit maak baie seer,” sê hy.

 

Volgens ‘n werknemer van die stadsraad wat by die begraafplaas betrokke is, maar nie met die media mag praat nie, moes die skending op Sondag 14 April plaasgevind het. Dit is Maandagoggend ontdek. 

Tien grafte is geskend en kruise en beelde uit marmer is ondermeer omgegooi en stukkend gekap. Die grafte is in die sogenaamde Katolieke blok geleë, hoewel nie alle grafte wat geskend is die van Katolieke is nie. Buddy vermoed dit is Katolieke wat geteiken word, maar dit is waarskynlik net kwajongens wat vernielsugtig is, het ‘n begrafnisondernemer aan Klerksdorp Rekord gesê. 

Leë bierbottels is naby aan die grafte gevind.

Buddy sou die begraafplaas op Woensdag 17 April besoek om die omvang van die skade te bepaal.

Plaaslike begrafnisondernemers wat anoniem met Klerksdorp Rekord gepraat het, is erg geskok. Volgens hulle is ‘n begraafplaas ‘n heilige plek waar geliefdes lê en mense moet hulle rus gun.

Volgens Buddy is sekuriteit die groot probleem, omdat die begraafplaas geen sekuriteit het nie. “Wie gaan daar staan? Dit is donker en afgeleë en word nie gesluit nie. Ons sal maar moet berus en die grafte laat regmaak. Daar is geen ander uitweg nie. Dit is my mense wat daar lê,” sê hy.