Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - ‘n Jong ma van die stad moet binnekort ‘n breinoperasie ondergaan nadat sy vroeër die maand met ‘n gewas so groot soos ‘n R2 munt op haar brein gediagnoseer is.

Elnika Lombard is bang en angstig vir wat wag, maar kan ook nie meer saam met die erge migraines, dubbelvisie, gebrekkige geheue, moegheid en naarheid saamlewe nie. 

Dié simptome het verlede jaar begin en terwyl haar vorige huisdokter haar klagtes van konstante hoofpyn afgelag het, het ‘n ander dokter haar op 9 April vir ‘n MRI skandering gestuur wat die ergste bevestig het. “Volgens die neurochirurg wil hy so gou moontlik opereer aangesien die gewas groei en reeds fase 2 bereik het. 

 

“Vanaf fase 3 is dit breinkanker en baie moeiliker om te verwyder.’’

Haar operasie is vir 23 Mei in Die Wilgers Hospitaal in Pretoria geskeduleer, maar daarvoor moet sy nog ‘n paar duisend rand opdok, want die narkotiseur se kostes word nie deur die mediese fonds gedek nie. Met net Elnika se verloofde wat ‘n inkomste verdien, raak die ekstra mediese uitgawes ‘n kopseer. 

Sy moet voor en na die operasie ‘n spraakterapeut besoek, die reiskostes na Pretoria en terug asook verblyf laat hulle hul sente omdraai.

Elnika het drie dogtertjies waarvan die jongste twee jaar oud is. “Ek het in die begin baie gehuil en sukkel nog om die nuus te verwerk. Ek lewe vir my kinders en is bang vir wat in die toekoms wag.’’ 

Sy ly die afgelope tien jaar aan epilepsie en dit word onder beheer gehou deur sterk medikasie te drink. “In my wildste drome het ek nie verwag dat ek vir ‘n brein operasie sal moet gaan nie, maar dit voel kompleet asof my brein inmekaar gedruk word, so erg is die pyn soms.’’

Sy het ‘n skarebefondsing begin met Back a Buddy in ‘n poging om fondse vir die operasie te bekom. “Ek sal elke sent waardeer. 
“Elke bietjie help. Dankie.’’