Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Nie een van die 22 leerlinge aan boord van die KHS-skoolbus wat vroeër vandeesweek in ‘n botsing betrokke was, is ernstig beseer nie.

Die bus wat koshuiskinders op Maandagoggend 29 April terug na Klerksdorp vervoer het, was ongeveer 05:30 in ‘n botsing met ‘n ander bus betrokke. Dit het op die Ottosdalpad sowat 30 km buite Hartbeefsfontein gebeur.

 

Volgens skoolhoof Hennie Muller is hulle dankbaar dat niemand ernstig beseer is nie. Hy het gesê dit was nog donker toe die busbestuurder deur ‘n aankomende vragmotor se ligte verblind is en hy teen ‘n stilstaande bus in die pad vasgery het. Die bus het nie ligte of ander waarskuwingstekens gehad nie. Dit is nie seker wat die bus in die pad gemaak het nie.

Van die leerlinge is vir geringe beserings in ‘n Klerksdorpse hospitaal behandel. Klerksdorp Rekord het verneem dat die busbestuurder se been gebreek is. 

Die skoolbus is terug Klerksdorp toe gesleep vir herstelwerk.