Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - ‘n Geliefde makelaar van die stad is die afgelope naweek oorlede na ‘n beroerte.
Johan Weyers (71) is ‘n gebore Klerksdorper. Hy het al die jare vir Old Mutual in Klerksdorp gewerk en 12 jaar gelede na Hartbeespoort verhuis.
Hy is op Maandag 25 Augustus oorlede na etlike weke in die hospitaal.
Hy en Alta was 43 jaar getroud. Hy word oorleef deur sy vrou, kinders en kleinkinders. ‘n Roudiens word op Vrydag 29 Augustus in die Hervormde Kerk, Schoemansville gehou.
Makelaar sterf na beroerte
Typography
- Smaller Small Medium Big Bigger
- Default Helvetica Segoe Georgia Times
- Reading Mode