Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die Orkney & Klerksdorp Diereskuiling is oorstroom - die vyfde keer vanjaar.

“Verlede week het ons boonop ons bakkie verloor. Dit is onophoudelik en net nog kwessies en probleme,” het Diane Jacobs van die skuiling gesê. 

Die skuiling is steeds gesluit omdat hulle nie meer diere kon akkommodeer of diere in nood kon help nie aangesien hulle nie vervoer het nie. 

Vir die diere wat tans in hul sorg is, doen sy ‘n beroep op enige skenking vir kos en komberse en enige hulp. “Die diere is veilig, nat en sommige in die water. Ons probeer net oor die volgende paar dae kom en hoop die weer sal later hierdie week opklaar. Ons gaan nie veel langer oorleef as dit aanhou nie.”

 

 

 

 

Volgens haar is grensmure besig om te beweeg en hulle het plate in hul agtermuur verloor soos water deurdruk om na die spruit te loop. Hulle het aflaaipunte vir kos en komberse en het gesê mense moet nie in die tyd probeer om skenkings na die skuiling te bring nie.

Skakel 074 306 9811 vir inligting oor aannemings en 062 723 3130 vir skenkings en fondsinsameling.

Ook by die Matlosana diereskuiling op Stilfontein is die nood groot met die aanhoudende reën wat uitgesak het. Die behoefte is komberse en kos vir die diere. Skakel 072 814 5927 om hulp aan te bied.