Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Willem Coetzee (73) is Maandagoggend 11 Maart dood weens sy beserings wat hy in ‘n botsing tien dae vantevore opgedoen het.

Volgens sy seun, Willem jr, wat die motor bestuur het, was sy pa nie weer by sy volle bewussyn nie, omdat hy verdoof is weens die aard van sy beserings. Hy het sy nek op twee plekke gebreek en dokters het gevrees dat enige beweging verdere skade sou veroorsaak. 

 

 

 

 

 

Die pa en seun het mekaar in die ongevalle-afdeling by Tshepong Hospitaal gegroet. “Hy was daar nog wakker en ek kon met hom praat. Ons het ons groete gegroet, daarna het ek nooit weer met hom gepraat nie.’’

Die botsing het op 1 Maart by die kruising van Ian- en Chris Hanistraat gebeur. 

Willem jr wat agter die stuurwiel van die motor was, het gesê hy het berusting. “Die kanse is groot dat hy verlam sou wees, as hy herstel het, en ek weet my pa sou nie daarmee kon saamleef nie.’’

Willem sr het in die konstruksiebedryf in Rustenburg gewerk en was ten tye van die ongeluk saam met sy seun onderweg huis toe op Vierfontein. “Ek weet nie wat nou volgende gaan gebeur nie. ‘n Lykskouing moet nog gedoen word en ek moes vorms invul vir forensies en als. Dit gaan nou deel maak van die polisieondersoek na die botsing,’’ het Willem jr gesê.

Die polisie het bevestig dat ‘n klagte van strafbare manslag nou ondersoek word.

Willem sr se roudiens word om 11:00 Vrydag 15 Maart by die Vierfontein Ouetehuis gehou. Hy word oorleef deur twee seuns, ‘n dogter, twee kleinkinders en een agterkleinkind.