Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Ventersdorp - Die 22 buitelanders wat gevang is terwyl hulle verskillende kosprodukte verpak het wat oënskynlik bestem is vir verspreiding aan Zama-zamas, het vroeër vandeesweek in die Ventersdorp-landdroshof verskyn.

Die buitelanders is almal onwettig in die land. Hulle het op Maandag 2 Junie in die hof verskyn. Die saak is tot Woensdag 4 Junie uitgestel vir regshulp. Almal het in aanhouding gebly.

Daar is ook deur die dr Kenneth Kaunda Distrik-misdaadvoorkomingseenheid, beslag gelê op ‘n groot hoeveelheid kos. Volgens brig Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, het die polisie toegeslaan nadat hulle ‘n ruk lank die aktiwiteite op die plaas tussen Klerksdorp en Ventersdorp dopgehou het. “Die polisie het tydens die arrestasie op twee ongelisensieerde vuurwapens beslag gelê,” het hy gesê.

 

 

 

 

Die beskuldigdes het op verskeie aanklagte verskyn, insluitend oortreding van die Immigrasiewet, en die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie.

Die inventaris van kos waarop beslag gelê is, sluit in: 11 430 pakke 1 kg Ace-kitspap, 6 599 blikkies Koo-baked beans in tamatiesous, 3 510 blikkies Bull Brand-boeliebief, 2 700 blikkies Lucky Star-pilchards, 1 495 blikkies Lucky Star chakalaka, 8 320 AAA batterye, 12 600 AA batterye en 124 rolle swaardiens-industriële kleefplastiek.  

Die geraamde markwaarde van die items waarop beslag gelê is, is ongeveer R770 000. Die vermoede bestaan dat die produkte aan onwettige myners ondergrond in die Vaal Reefs-omgewing versprei sou word.