Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Stilfontein - ‘n Onderwysstudent is verlede week op slag dood toe haar motor agter in ‘n vragmotor op die N12 vasgery het.

Volgens Heidi Delport was haar dogter, Zuanthé van Niekerk, onderweg vanaf Thabazimbi na Stilfontein op Donderdag 5 Oktober. Haar pa woon op Thabazimbi. “Dit het regoor OMV Crushers gebeur. Haar motor het aan die brand geslaan en gelukkig is die brand gou geblus. Haar skootrekenaar en bagasie het nie gebrand nie. Sy was egter reeds dood,” sê Delport.

Daar was glo ooggetuies, maar dit is vaag wat gebeur het. “Sy was so naby aan ons huis. Sy het haar seker misgis hoe naby sy aan die vragmotor was.” 

Zuanthé was 19 jaar oud en het in 2019 aan Hoërskool Wesvalia gematrikuleer.

“Sy was ‘n sprankelende kind en baie lief vir Jesus. Sy wou net dans en praise en worship. Nou kan sy dit doen in die hemel. Sy het nie baie vriende gehad nie, want daar is nie baie studente wat lief vir Jesus is nie. 

“Sy was maar baie alleen,” vertel haar gebroke ma.

Zuanthé se begrafnisdiens vind om 10:30 op 21 Oktober in die Charisma Gemeente plaas.