Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Jouberton - Die Tshepong-hospitaal is vroeër hierdie week ná ‘n reënstorm oorstroom.

Die oorstroming op Maandag 25 Januarie het dele van die Ongevalle, Buitepasiëntafdeling en die Radiologie-afdeling geraak. Die hospitaalrampsbestuursplan is onmiddelik geaktiveer, wat gelei het tot ‘n vinnige en gekoördineerde reaksie om pasiëntveiligheid en voortgesette sorg te verseker.

 

Die LUR vir Gesondheid in Noordwes, Sello Lehari, het die vinnige reaksie van alle betrokke partye geprys. Pasiënte in geaffekteerde gebiede is dadelik geassesseer en veilig verskuif na toepaslike opname-sale en ander funksionele dele van die hospitaal, insluitend Radiologie.

Ambulanse van ander hospitale wat pasiënte oorgeplaas het, is as ‘n tydelike maatreël na die Klerksdorp-hospitaal se ongevalle-afdeling herlei. Deur die gesamentlike pogings van hospitaalpersoneel en nooddienste is die Ongevalle-afdeling skoongemaak en was dit teen 03:00 op Dinsdag 27 Januarie weer ten volle operasioneel.

 Die uitvoerende hoof van die Klerksdorp-Tshepong Hospitaalkompleks, Thulane Madonsela, het ook sy waardering aan alle respondente uitgespreek. “Ek wil graag ons toegewyde span KT, die plaaslike munisipale brandweer en Kopa-nong-myn bedank vir hul vinnige bystand en spanwerk. 

Terwyl operasies sedertdien genormaliseer het, erken die Departement van Gesondheid die behoefte aan langtermyn-intervensies. “Hierdie is ‘n herhalende ramp en dis voorheen met alle sleutelrolspelers geopper met die oog op die voorkoming van toekomstige voorvalle. Hierdie voorval het nou die dringende behoefte aan die verbetering van die stormwaterdreinering-infrastruktuur by Tshepong-hospitaal beklemtoon,” sê Lehari.