Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Orkney - ‘n Paar weke uitmekaar het nog ‘n vloed inwoners langs die Vaalrivier en Schoonspruit raadop.
Derduisende rande se skade is aangerig toe die Vaaldam inderhaas nog sluise oopgemaak het na nog deurdringende reën verlede week die dam weer ver bo kapasiteit gedruk het. 

Dit het veroorsaak dat die meeste eiendomme langs die rivier wat net-net die vloed vroeër in April vrygespring het, nou ook onderwater is. Ook eiendom langs die Schoonspruit in Cuckoostraat het weer ontruim.

Waar die vloed vir baie mense ‘n ramp is, het geesdriftige hengelaars die kans gebruik om lyne nat te maak by die sesde putjie van Orkney Gholfklub. 

Audrey Bierman, inwoner van Scottlaan wat op die gholfbaan kyk, vertel dat heelwat blinklywe die afgelope naweek daar uitgetrek is.

Wally Thole wat Serenity, ‘n kampeerterrein en oord op die oewer van die Vaalrivier, besit, is klaar hard aan die werk om sy plek te herstel nadat die onderste vlak van die oord onder water is. Hy het net weer meubels in die chalets teruggedra toe dit weer moes uit vir die vloedwater wat op pad is. 

Sy dogter Michelle sê die oord is haar ouers se enigste inkomste en hulle moet maar deurdruk en weer regmaak. “Dit maak mens net moedeloos, maar ons vir dit dag vir dag.’’

Ook Tina Jacobs se Kleinplasie Kleinhoewe by Cuckoostraat was weer onderwater. “Die spruit is darem nou weer op sy plek en ons maak nou weer skoon. Ek dink my hoendertjies kan al swem,’’ het sy op Woensdag 30 April gesê.

Inwoners van Orkney Vaal is ook vir ‘n wyle dakloos gelaat nadat hul blyplekke onder water was. Die kerkgemeenskap het weer ingespring om die mense met kos en klere te help. 

Lede van die gemeenskap moes ook hand bysit met die ontruiming van inwoners by Cuckoostraat nadat Matlosana se nooddienste glo sonder brandstof was weens ‘n onbetaalde rekening. Dit kon egter nie bevestig word nie.

Intussen lyk dit of die reën vir eers iets van die verlede is, maar ysige koue word vir die naweek voorspel.