Klerksdorp Rekord, Stilfontein - Klerksdorp Rekord het onlangs drie sketse geplaas van mense wat hulle op Stilfontein as voornemende huiskopers voordoen.
Hulle besteel dan die inwoners. In een geval is ‘n dame van juwele besteel wat sowat R65 000 werd is. Dié drie is steeds op vrye voet en het waarskynlik weer toegeslaan.