Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

School News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - KHS het die Superinter-atletiekbyeenkoms in Pretoria gewen. Dit is die eerste keer sedert die skool aan die byeenkoms deelneem dat hulle daarin kon slaag om te wen.

KHS het hiermee gekwalifiseer om volgende jaar in die topgroep deel te neem saam met Affies, Helpmekaar, Garsfontein, Noordheuwel, Zwartkop, Kemptonpark en Waterkloof. 

 

 

Die byeenkoms het op 28 Februarie op die Pilditch-stadion plaasgevind teen nog bekende skole soos Monument, Randburg en Transvalia wat in die tweede groep deelneem. KHS het 750 punte behaal, met Rustenburg tweede op 717 en Nelspruit met 684. KHS se seuns het weer hul titel verdedig as seunskampioene. Kate-Lynn Fourie van KHS het die trofee ontvang vir beste junior baanatleet vir haar kort-hekkies wedloop.

KHS het altesaam 69 medaljes ingespan tydens die Superinter waarvan die helfte goud was. Amogelang Tatai het weer drie goues gewen in die 800m, 1500m en 3000m, waar hy ook die rekord verpletter het na 8,33 minute.

KHS-atlete het opgevolg met hul prag-vertoning by die inter en 48 medaljes ingeoes by die Noordwes Kampioenskap, waarvan 22 goue medaljes is. Jenna van Dyk, Dean McAslin en Lize van Zyl het elk drie medaljes gewen.