Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

School News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp – Ondersteuners het verlede week opgeruk na Hoërskool Wesvalia waar die skool se netbalspanne teen KHS te staan gekom het.

Die twee skole is baie kompeterend en toeskouers is op aanskoulike netbal getrakteer. Die eerste wedstryde op Donderdag 2 Mei was naelbyt met die o/17 A-spanne wat mekaar op baan 1 die stryd aangesê het. Ondersteuners het hulle hees geskree in dié taai wedstryd wat KHS in die doodsnikke met een punt gewen het, 16-15.

Albei skole het gemengde welslae behaar, maar dit was Wesvalia wat in die hoofwedstryd van die dag met die louere weggestap het. Die eerstespan het KHS oortuigend met 37-25 gewen.

KHS se tweedespan het 26-10 gewen, en Wesvalia se derdespan het 21-8 gewen.

Wesvalia se ander oorwinnings was 22-13 vir die o/14A’s, 21-8 vir die o/14 B’s, 17-13 vir die o/15A’s en 25-14 vir die o/15B’s.

KHS se o/16A-span het 29-12 en die o/16B’s het 27-8 gewen.