Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

School News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Laerskool Saamtrek se o/13A-meisie hokkiespan het geskiedenis gemaak om die eerste span te wees wat Noordweswenners is. Die Samies het op 21 September vir Laerskool Schweizer-Reneke op die NWU Astro geklop. Die span gaan nou aan die Champs of Champs deelneem wat die eerste naweek in Oktober gehou word. Samies se o/13 B-meisies het tot by die Noordwes kwart-finale gevorder. Op die foto is Declynne da Silva, Izelle Scholtz, Larissa Lambrechts, Miané Schutte (kaptein), Carmiya Crous (knderkaptein), Aleksia Demetriou, (agter) Mikayla Bosch, Lara de Kock, Luzya Reynders, Jeani Botha, Fené Combrink, Dallas Noble (afrigter), Olivia Steyn, Anri Kruger en Margaux van Heerden.

 

Laerskool Saamtrek se fietsryspan is weer die Noordwesliga wenners nadat hulle verlede jaar naaswenner was. Die span het in 2022 en 2023 gewen. Die span bestaan uit 60 ryers in die ouerdomme o/8-o/13. Die span het die afgelope seisoen voorgeloop in die Noordwes-liga en sluit die liga af met ‘n totaal van 16779 punte. Carli Henning en Miané Kruger (foto) het hul Noordweskleure in fietsry verwerf.