Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

School News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Orkney - Laerskool Saamtrek was die afgelope naweek die gasheer van die super 12-gholftoernooi wat by Orkney Gholfklub aangebied is. Die prestige byeenkoms is bygewoon deur spanne van 23 skole oor vier provinsies.
 
Gholfspelers van Noordwes, Gauteng, Mpumalanga en Limpopo het deelgeneem.

Laerskool Saamtrek se meisiespan het goud verwerf in die zero-afdeling en silwer in die IPS-afdeling. Die seunspan het silwer in die IPS-afdeling en brons in die zero-afdeling verwerf. 

Juhanell Ollewagen het ook ‘n silwer medalje in die individuele zero-afdeling verwerf. Laerskool Saamtrek se span het bestaan uit Juhanell Ollewagen, McKaylin van Rooyen, Adriaan Hennop, GJ Coetzer, Dehan van der Merwe en Ruben van der Merwe.

Die Noordweskampioenskap het die super 12 toernooi vooraf gegaan waar die Laerskool se meisiespan gewen het en die seuns as naaswenners weggestap het. Die Samies se meisies het Noordwes zero asook die IPS-afdeling gewen. 

Juhanell het weereens uitgeblink en albei die NW individuele afdelings gewen. Sy en McKaylin is ook in die NW span opgeneem wat die provinsie tydens die interprovinsiale toernooie in Modimolle en Gauteng gaan verteenwoordig gedurende Desember.

Die seunspan het as naaswenners geëindig in die zero- en IPS-afdelings. 

Adriaan Hennop het die IPS individuele afdeling gewen met Ruben van der Merwe in die tweede plek. Adriaan, Ruben en Dehan vd Merwe het ook die NW individuele span gehaal.