Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - KHS se kampioen spiesgooi-atleet het nie teleurgestel by die ASA atletiekkampioenskap nie.
Ewald Jansen het ‘n goue medalje gewen met ‘n nuwe persoonlike beste afstand van 69,80 m. Afrigter Erich Wiese se spiesgooifabriek het nog drie medaljes behaal. Marco Symington (silwer), Marques Olivier (brons) en Gerrit Koen (brons) keer ook met medaljes terug.
Julindi Wilkens het ‘n sesde plek behaal.
Langasem Amogelang Tatai het ‘n silwer medalje in die 3 000m gewen.
Wessies blitsig by ASA-atletiek in Pretoria
Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Atlete van Hoërskool Wesvalia het puik gevaar by die ASA atletiekbyeenkoms op die Pilditchstadion in Pretoria.
Amoné le Roux het ‘n goue medalje ingepalm in driesprong en Denike Jordaan het silwer losgehardloop in die 400m. Amoné was ook agste in die verspring.
Ander uitblinkers is Denike Jordaan (silwer in die 400m), André Visser (agste in die 400m), Carli Visser (400m 8ste en 400mh 5de), Luche vd Berg (2000m Hindernis 7de en 14de in die 3000m), Mienke Blignaut (16de in die 400m) en Jelani White (hoogspring 15de).
KHS groot deel van NW-span
Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - KHS het vanjaar ‘n rekordgetal atlete wat gekwalifiseer het om aan die SA Kampioenskap deel te neem.
Altesaam 33 KHS’er gaan aan die nasionale skolebyeenkoms deelneem. Alle oë sal natuurlik gerig wees op Amogelang Tatai wat vanjaar stof in almal se oë hardloop. Die Afrika kampioen Ewald Jansen het ook hard gewerk om weer goud in spiesgooi te wen.
Hekkiesatleeet Jenna van Dyk het ook tot dusver goed vorm behou en haar oë is op goud gerig.
Die seuns wat aan die SA’s gaan deelneem is Tlogi Kgosien, Lukhanyo Mvala, Elzeno Schalkwyk, Simphiwe Nero, Amogelang Tatai, Marco Symington, (middel) Thabang Thebiso, Hernu Human, Gerrit Koen, Ewald Jansen, Innocent Marcous, Tristan Demoser, (agter) Elardus Botha, Jayden Walsh, Nevin Howard, Marques Olivier, Dean McAslin en Hanro Nel.
Die meisies in die span is (voor) Lizé van Zyl, Liané Engelbrecht, Desire Engelbrecht, Jané van der Berg, Jandri van Staden, (agter) Keandra Jooste, Kate-Lynn Fourie, Chiara Vermeulen, Julindi Wilkens, Rozel Pretorius, Renscha van Wyk en Mieke Kromhout, Ava Tannous, Jenna van Dyk en Tyron Masango.
17 Samies op pad na SA’s
Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Altesaam 17 leerlinge van Laerskool Saamtrek gaan die provinsie by die SA Kampioenskap in atletiek verteenwoordig.
Die byeenkoms vind in Polokwane plaas van 24-26 Maart. Elf meisies en ses seuns gaan aan 24 items deelneem.
Slimkop het nou 7 A’s
Kara Muller-van Schalkwyk het na ‘n hermerk van haar matriekeindeksamen vraestelle nog ‘n onderskeiding behaal. Die slimkop spog nou met sewe on-derskeidings en ‘n hoër gemiddeld nadat sy beter punte in Engels en Wiskunde verwerf het en nou ook ‘n onderskeiding in Fisiese Wetenskappe bygekry het. Sy het aanvanklik 6 onderskeidings gehad. Kara is tans ‘n student in Rekenaar- en Elektoniese Ingenieurswese aan die NWU. Sy het aan Hoërskool Wesvalia gematrikuleer.