Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Alri Rossouw is die topmatriek in Hoërskool Wesvalia en sy het 7 onderskeidings behaal.
Sy het A-simbole in Afrikaans, Engels, Wiskunde, LO, Rekeningkunde, Besigheidstudies en Ekonomie. Sy het 97% vir Rekeningkunde en 99% vir Besigheidstudies! Syfers is haar kos en sy dink dis in haar bloed, want haar ma werk by ‘n rekenmeestersfirma en pa is in finansies.
Samies laat die rekords spat
Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Laerskool Saamtrek het 2025 op ‘n hoë noot afgeskop, met die atlete wat die rekords behoorlik laat spat het tydens die huissportbyeenkoms wat op Saterdag 18 Januarie gehou is.
Een van die rekords is in die vorige eeu opgestel. Alto Wiggett het egter korte mette van die spiesgooirekord gemaak wat in 1999 opgestel is. Die belowende o/13-atleet het die vorige rekord van Rick Basson met amper 10 m verbeter. Sy afrigter, Erich Wiese sien nog groot prestasies in sy toekoms.
Alto is verlede jaar as die beste veldatleet tydens die SA Kampioenskap aangewys.
Local teen a top chess player
Klerksdorp Record, Alabama - Atlegang “The draw master” Monchsi represented SA in Brazil in chess. This 16 year old did SA proud at the tournament. She lives in Ext 3. She started playing chess at Methodist Primary School from gr 1, and is a gr 10 learner at Klerksdorp THS.
She is now in the Top 10 of SA junior women’s chess players. Her family thanks her coach, Eazy Tshabadira, and Carol Lefyedi of Chess SA.
Spoedstapper breek rekord
Lolani Janse van Vuuren is ‘n o/13 spoedstapper. Sy het op 9 November die Noordwes-kampioenskap gewen en die rekord gebreek met ‘n tyd van 7.34. Op Saterdag 6 Desember het sy goud gewen by die ASA “Sub Jeugkampioenskap” in Bloemfontein. Sy is volgende jaar in gr 8 in Hoërskool Wesvalia.
Samie presteer by ASA Sub Jeugkampioenskap
Atletiekafrigter Jean van Staden en Bryan King (o/7) van Laerskool Saamtrek met sy 60m goud en 80m silwer medalje by die ASA Sub jeugkampioenskap wat op Saterdag 7 Desember gehou is.