Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Laerskool President se hoofseun van 2024, Xander Reyneke, het akademiese erekleure (goud) gekry tydens die prysuitdeling. Hy het ook erekleure vir leierskap ontvang, is as top presteerder in Afrikaans, Sosiale Wetenskap en EBW aangewys en het ‘n toekenning vir krieket as beste paaltjiewagter gekry.

Jesse Taljaard en Suresh Adams van Laerskool President het albei sakke vol trofeë gekry by die prysuitdeling. Jesse is as die top presteerder in Engels, Wiskunde, Natuurwetenskap, Sosiale Wetenskap, Tegnologie en Kuns en Kultuur aangewys. Sy was ook die kultuurmeisie van 2024. Sy was onderhoofmeisie en het ‘n leierskaptoekenning daarvoor ontvang. Suresh, 2024 se onderhoofseun, het die sportpryse ingeryg. Hy het toekennings as beste kolwer, beste veldwerker en beste krieketspeler en atle-tiekseun van die jaar gekry. Hy is ook as die skool se sportseun van die jaar aangewys.

Laerskool President se o/13A krieketspan tree vir die derde jaar as Noordweswenners uit die liga. Twee spanlede, Suresh Adams (kaptein) en Bron-Wayne Stuurman, is opgeneem in die Noordwes o/13A stedelike span. Die wenspan bestaan uit (voor) Jayden Badenhorst, Reo Mokoena en Bron-Wayne Stuurman. (middel) Byron du Preez (tellinghouer), Suresh Adams (kaptein), Katleho Sejake, Jadon Amir, Jared Spandeel en Luan Booyens (onderkaptein) en agter is Xander Reyneke, Ryno Pretorius, Abrie Senekal (afrigter) en Koketso Sebokeng.

 

 

 

Ayanda Mpisi is Western Reefs Primary School’s Dux learner for 2024. Ayanda also received the top reward for discipline and the W trophy for exceptional leadership. 

 

 

 

 

 

 

 

 

More Articles …