Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

KHS se krieketspanne het die afgelope naweek teen Linden gespeel met die eerstespan wat korte mette van hul opponente gemaak het deur almal vir net 97 uit te haal. Die KHSérs het 300 lopies aangeteken en vier paaltjies verloor. Boulers Otto Bruwer en Daniel Schoeman het elk vyf paaltjies geneem. Op die foto is kolwers Stefan Janse van Rensburg met 100 lopies agter sy naam en Tiaan Koen en Marnus van der Merwe wat elk met 50 talle kan spog.

 

 

 

 

 

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Volgende week vind die afskopfunksie van die Kosh Voortrekkers plaas en almal is welkom.

Die Voortrekkers is ‘n kultuurorganisasie vir die jeug en gesetel in beginsels van Afrikanerskap, burgerskap en hoofsaaklik Christenskap. Die organisasie belowe om ‘n sterke fondasie van waardes en vaardighede aan te leer, wat verder gaan as wat tradisionele skoolonderrig bied.

Jongmense kan verwag om oor hulself te leer, insluitend praktiese vaardighede soos die knoop van verskeie soorte knope, paraatheid, selfsorg, noodhulp, en ander onderrig wat nie altyd in skole aangespreek word nie.

Die afskopfunksie vind plaas op Dinsdag, 30 Januarie 2024, 16:00 tot 17:00 in die AP Kerk, geleë in Ianstraat, langs Arnold en Wessels Drukkery. 

Daar gaan waterkaskenades wees, so bring ‘n handdoek saam en klere wat kan nat word. Vir meer inligting, skakel Johanette Roos by 082 263 8784. 

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - KHS se atletiekjaar het goed afgeskop met agt nuwe rekords wat opgestel is tydens die interhuisbyeenkoms.

Langasem Amogelang Tatai het ‘n 21-jaar oue rekord van Johnny Schupping in die 1 500m vir seuns o/19 verbeter na 4,07:50m. 

‘n Nuwe naelloper op die toneel, Simphiwe Nero het Zane van Staden se rekord in die 100m vir seuns o/15 verbeter na 11,29s.

Read more …Agt nuwe rekords by KHS se huissport

Klerksdorp Record, Klerksdorp - Klerksdorp Technical High School’s Hope Offor recently obtained her North West colours for the under 18’s lawn bowls team.

Hope will participate in the national under 18’s tournament to be held in Bloemfontein during March school holidays. 

She started playing lawn bowls four years ago when she was 12 years old. She always accompanied her granny, Sega Magoto who is one of the top players in North West and SANDF, to bowling practices and was inspired by her granny to try her hand at bowls. The rest is history with Hope rewriting the books that bowling is only for pensioners. 

Hope has represented North West on numerous occasions in various age group tournaments. Her ultimate dream is to represent South Africa at the 2032 Olympics to be held in Australia.

Read more …THS pupil excels in lawn bowls

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Laerskool Saamtrek se atlete was reg vir aksie toe die huissportbyeenkoms net twee dae na die skool begin het, afgehandel is. 

Die jong Bryan King het vir die dag se grootste verrassing gesorg deur twee stokou rekords te laat spat. Die knapie neem o/7 deel en het die rekord in die 60m met .33 sekondes verbeter na 9.77s. Die rekord het aan Eugene Pettit behoort en is 1999 opgestel. In die 80m het hy ‘n 39-jaar oue rekord verpletter met ‘n tyd van 12,88s. Die rekord was 13.30s en is in 1985 deur ene D Davis opgestel.

Na al die opwinding so vroeg op Vrydag 19 Januarie het Saamtrek-atlete uitgehaal en gewys en nog ‘n handvol nuwe rekords opgestel.

Die atlete is Shinell Prins (200m o/13), Hayley Lues (800m o/13), Lilika Fourie (1200m o/9), Estian le Roux & Zane de Villiers (1200m seuns o/9), Declynne da Silva (hoogspring o/12), Wian Oberholster & Christiaan Pretorius (hoogspring o/10), Jan-Pieter Jordaan (hoogspring o/13), Lehanke Beets (spiesgooi o/13), Ryan Beets (gewigstoot o/10) en Alto Wiggett (diskus en spiesgooi o/12).

More Articles …