Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Verlede week was verjaardagweek by Laerskool Saamtrek met verskeie feesvieringe wat gedurende die week by die skool aangebied is.
Leerlinge het die kans gehad om op ‘n reuse springkasteel/Big Bounce te baljaar waarvan die omtrek seker so groot soos ‘n rugbyveld was. Verskeie aktiwiteite het plaasgevind om die skool se 70ste verjaardag te herdenk.