Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - KHS het die eerste groot byeenkoms van die atletiekseisoen goed afgeskop en spog met ‘n sewende plek uit 63 deelnemende skole wat aan die NWU Top 30 byeenkoms deelgeneem het.

KHS se atletiekspan het die ander Noordwesskole geklop wat Potch Gimmies, Wesvalia, Rustenburg en Volkskool insluit. KHS het selfs groot stadskole geklop soos Monument, EG Jansen, Garsfontein, Kemptonpark, Nelspruit, Transvalia en Oos-Moot.

Read more …Goeie uitslae by NWU Top 30

Klerksdorp Rekord, Pretoria - Laerskool Saamtrek het die nuwe atletiekseisoen op ‘n hoë noot begin met ‘n algehele derde plek by die Super 12-atletiekbyeenkoms in Pretoria wat die afgelope naweek plaasgevind het.

Tydens die geleentheid het 22 skole uit vier provinsies deelgeneem. 

Saamtrek verwerf nege goud, 11 silwer en vyf brons medaljes.

Laerskool Saamtrek se o/11-tennisspan het die Noordwes dubbel- en enkelliga gewen. Die span het in Julie die gemengde liga gewen en op 11 Oktober het hulle hul staal gewys in die enkelliga. Dit is die eerste keer dat beide die seuns- en meisiespanne die eer te beurt val. 

Die meisiespan is Nelike van der Berg, Milan Blignaut, Celinka Ferreira en Miané Schutte. Afrigter Sharon Gouws is saam op die foto.








Die seunspan is Ruben Essakow, GJ Erasmus, Dries Dreyer en HJ Strydom. Afrigter Sharon Gouws is saam op die foto.

Klerksdorp Rekord, Orkney - Laerskool Saamtrek se A-spanne het geskitter tydens die Kosh-Laerskole gholfdag wat verlede week by Orkney gholfklub gehou is. Die spanne het almal deurgedring na die Noordwes-finaal wat op 30 Oktober by Magaliespark gehou word. Die gholfspan het die A-afdeling se zero-afdeling gewen, asook die individuele toekennings vir beide die meisies zero en IPS, en seuns zero en IPS in die A-afdeling. 

Juhanell Ollewagen wen die zero-afdeling en is naaswenner in die IPS-afdeling. Mckaylin van Rooyen wen die IPS-afdeling en is naaswenner in die zero-afdeling. Adriaan Hennop wen individueel die seuns IPS-kompetisie. Ruben van der Merwe wen die seuns individuele zero-kompetisie.

Read more …Gholfspanne reg vir NW-finaal