Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die kragmeting tussen die Springbokke en Tonga die afgelope naweek was ‘n swaargewigstryd.
Tonga het in die skrums swaar gesteun op Ben Tameifuna se volle 150kg wat hom nie gekeer het om ‘n drie te druk nie. SA het egter net te veel skietgoed gehad om Tonga se voorspelers te beperk en die SA-agterlyn net te veel spoed. 

Voorspelbaar genoeg het die Springbokke gewen, maar ons almal weet hoe maklik mens kan vasval in die uitspeelrondes (onthou Japan?)
Nietemin, die wedstryd was ‘n baie belangrike een, want SA moes ten minste vier drieë druk om ‘n bonuspunt te kry om so vir die kwarteindronde te kwalifiseer. Na sewe drieë was die bonuspunt in die sakkie. Die eindtelling was 49-18.
Een van die sterre die afgelope Sondag was André Esterhuizen, Klerksdorp se trots en ‘n oud-KHS’er. Hy het baie veld gewen met sy deurbrake en sal nou hopelik in meer wedstryde gesig wys.
Die fokus was ook op SA se skoppers, want Handre Pollard moes weer die aansien herstel na die power skopwerk van Faf de Klerk en Manie Libbok in die vorige wedstryd wat SA die wedstryd teen Ierland gekos het. Hy het beslis gehelp om die druk van Libbok af te haal en dié keer het die skopskoene nie teleurgestel nie. Die enigste besering in SA-geledere is die verlies van Makazole Mampimpi wat sy wangbeen gebreek het en die res van die toernooi sal mis. Lukhanyo Am is onderweg na Frankryk om sy plek vol te staan. SA moet nou wag om te hoor of die span deurgaan na die kwarteindronde. Dit kan slegs verhoed word as Skotland vir Ierland oortuigend die naweek klop en die Skotte ‘n bonuspunt verdien. Dan sal SA die derde plek in Groep B behaal, wat outomatiese kwalifisering vir die volgende Wêreldbekertoernooi verseker, maar geen meer deelname aan dié toernooi nie. SA sal waarskynlik op 14 of 15 Oktober teen Frankryk in die kwartfinaal uitdraf. Ierland behoort die groep te wen en sal teen Nieu-Seeland speel.