Klerksdorp Rekord, Orkney - ‘n Gholfdag om fondse in te samel vir Justice Otto Sorgoord word op 11 Julie by Orkney Gholfklub gehou.
Die spel sal in Better Ball Scramble Drive-formaat gespeel word. Die Justice Otto Sorgoord is ‘n nie-winsgewende organisasie geleë in Stilfontein, wat toegewyd is aan die versorging en huisvesting van bejaardes.
Die sentrum is in 1996 gestig en staan steeds onder leiding van pastoor Michiel Erasmus. Tans bied die oord ‘n veilige hawe vir meer as 60 inwoners. Basiese mediese sorg, etes en skoonmaakdienste is ingesluit.
Die oord ontvang geen staatsubsidie nie en is totaal afhanklik van inwoners se fooie en dit gaan soms broekskeur.
Al die wins wat met die gholfdag gemaak word sal aan die versorgingsoord oorhandig word. Groot pryse is op die spel. Twee kontantpryse van R50 000 elk is by twee putjies op die spel vir ‘n ‘’hole in one’’.
Inskrywings is R1500 per vierbal. Besighede wat putjies wil borg kan met Johan Moller by 082 383 4784 in kontak kom. Of skakel Jakkie Moller by 082 496 5826.
Gholfdag om bejaardes te help
Typography
- Smaller Small Medium Big Bigger
- Default Helvetica Segoe Georgia Times
- Reading Mode