Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Potchefstroom - Daar was Woensdagaand 4 Oktober min tot geen wenkbroue gelig toe Vernon Paulo, die NWU se uithalerhaker, as die NWU Rugbyinstituut se Speler van die Jaar aangewys was nie. 

Paulo is met die Johan Claassen-trofee vir sy uithalerspel in die Varsitybeker beloon en was deurgaans uitsonderlik. Nie net het hy die meeste drieë in die kompetisie gedruk nie - voorwaar ʼn rariteit vir ʼn vaste voorspeler - maar sy werksetiek en leierskap was ook van die vernaamste eienskappe deur die loop van die kompetisie. 

Tino Swanepoel is as die Varsitybeker Speler van die Jaar aangewys en ondersteuners sal vir lank dié kookwater veelsydige speler se pragdrieë gedurende die kompetisie onthou. Sy twee drieë in die eindstryd teen Ikeys was uiteindelik deurslaggewend vir die seevierende NWU Eagles. 

Isrome Phatudi was met die Piet Malan-trofee as Agterspeler van die Jaar beloon, en Sampie Swiegers het die Voorsitterstrofee as Voorspeler van die Jaar ingepalm. 

Die Direkteurstrofee vir die speler wat die meeste  vordering gemaak het, was aan Zinedine Robinson oorhandig en Theuns Pretorius was as die Dux Speler van die Jaar aangewys. Hierdie trofee word aan die speler oorhandig wat op sowel die rugbyveld as op akademiese vlak presteer. 

Dit was ʼn voortreflike jaar vir die Rugbyinstituut, met die Varsitybekerspan wat die gelyknamige kompetisie gewen het, die Young Guns wat hul kompetisie gewen het, dan het beide die 7’s mans- en vrouespanne hul onderskeie USSA-toernooie gewen.