Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die Matlosana Bird Parkrun is ‘n instelling op Saterdae en deelnemers stroom na die gebied in Readmanstraat.

Parkrun is nie net vir atlete nie: dit is vir almal van groot tot klein, jonk en oud, lank en kort, man en vrou en vir alle kulture van die reënboognasie.

Jy kan die Parkrun hardloop, draf of stap. Ouers kan hul klein kinders in ‘n stootwaentjie saamneem. 

 

Ongelukkig word honde nie toegelaat by die Parkrun nie. Kom en geniet die kameraadskap en pret van Parkrun. Dit is slegs 5 km!
Dit vind elke Saterdag om 08:00 by die Matlosana Bird Park, in Readmanstraat, oorkant Hoërskool Wesvalia plaas.

Jy hoef nie net te hardloop, draf of stap nie, jy kan ‘n vrywilliger wees deur te help as tydhouer, ‘tail walker’, ‘marshall’ en nog vele meer.

Skakel Bridget Kleu by 083 331 8021 vir meer inligting en oor hoe om as vrywilliger deel te neem.

Vir die rekord: Klerksdorp Rekord het in ‘n vorige berig Riane Scott se tyd verkeerdelik gepubliseer. Haar tyd was 32:40 en nie 23:40 nie. Dit is so aan Klerksdorp Rekord deurgegee en ons stel dit graag reg.