Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

deur Magda Lourens

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Elke keer as dié jong ruiter op haar perd se rug klim, is sy in haar “happy place”. Klein Riané Groenewald (5), is ‘n danige ruiter, wat nie skrik as sy afgegooi word nie.

Riané het voor 2-jarige ouderdom al die eerste keer op ‘n perd se rug geklim, en het dit só geniet, dat sy vandag steeds ‘n minimum van drie keer ‘n week 10km per rit, op haar perd Farris, ry.

 

Ma Amé het in 2017 ‘n perdryskool begin, Azar-Ali Endurance, wat spesialiseer in uithouritte vir ervare ruiters. Riané se liefde vir perdry kom van haar ma af, wat self ‘n groot diereliefhebber is en uithouritte ry. Amé vertel dat Riané vir niks skrik nie. Sy is baie lief vir enige dier en kompeterend. Sy is baie sportief en speel netbal, hokkie en tennis, doen Acro en Dance Mouse.

Riané se rede waarom sy juis van perde hou, is dat dit haar gelukkig maak om op haar perd se rug te wees.

 

Sy is by Erasa opgeteken as die jongste ruiter wat aan uithouritte deelneem. Sy het al drie uithouritte voltooi, en ry 40km op ‘n slag. Sy het in Augustus haar eerste uithourit in Wolmaransstad gery, in ‘n tyd van 3 ure, 27 minute. Haar tweede rit was in Schweizer-Reneke, in ‘n tyd van 3 ure, 10 minute. Haar laaste rit was in Lichtenburg, waar sy dit in presies 3 ure klaargemaak het.

Om op haar ouderdom ‘n uithourit te doen, is nie speletjies nie. Elke minuut op ‘n perd te rug, voel soos ‘n uur op ‘n fiets. ‘n Uithourit begin by 40km, dan is daar verskillende afstande: 80km, 120km en 160km. Dit is ‘n 1-dag rit, met slegs 1 perd. Jy moet uiters fiks wees om dit te doen, aangesien al jou spiere oefen, van jou nek tot jou tone.

Vra jy vir Riané wat die grootste gebeurtenis op ‘n perd se rug was, vertel sy amper trots dat sy al op een dag, twee keer van ‘n perd afgegooi is, maar weer opgestaan en opgeklim het. Dit was gelukkig nie met ernstige beserings nie, en ook nie haar eie perd wat haar afgegooi het nie.

Haar boodskap aan haar maats en ander kinders, is om self te begin perd ry, want “dis baie lekker”.

Hierdie ruiter gaan nog hoë hoogtes op haar perd se rug bereik en sy sien uit na elke oomblik daarvan.