Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die eerste lid van die plaaslike marathonklub by die eindpunt in die Two Oceans marathon was Johanes Diketso Radebe in ‘n tyd van 3ure 46minute. 

Hy verdien ‘n silwermedalje.

 

Altesaam 32 atlete van Klerksdorp Marathonklub het die ultramarathon suksesvol voltooi in ‘n winderige Kaapstad.

Op Vishoek het die wind jou enkels teen mekaar gewaai asof iemand jou wil pootjie van agter af, maar toe die atlete die draai vat van Chapmans Peak af in Houtbaai in toe voel mens nie die wind nie en kon hulle die laaste 16km vet gee na die Universiteit toe waar die wedloop geëeindig het. 

Deur Houtbaai en Constantianek was die pad vol ondersteuners en het hulle die atlete se name geroep en “Lekker Klerksdorp” het ‘n algemene ding geword.