Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die Klerksdorp Muurbalklub se Besigheidsliga skop af in Maart en hulle is op soek na spanne om vanjaar mee te ding.
Enige onderneming kan inskryf met spanne van vier spelers.
Inskrywingsfooi is R800 per span en daar word op Maandag- en Woensdagaande gespeel. Dit is ‘n kompeterende liga met goeie muurbal, spanbou en ‘n sosiale atmosfeer.
Groot pryse is op die spel. Die liga begin op 2 Maart. Doen navraag by Jaco Olivier by 073 570 0824.
Speel bietjie muurbal
Typography
- Smaller Small Medium Big Bigger
- Default Helvetica Segoe Georgia Times
- Reading Mode










