Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

29 Augustus 2025

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Net een span van Klerksdorp speel die naweek in die finaal van die Noordvaal Beker (plaatafdeling).

Hoërskool Wesvalia se o/14 A-span het die afgelope naweek na Pretoria gereis om teen HTS Middelburg in die semi-finaal te staan te kom. Hulle wen die wedstryd 37-20 en verseker daarmee ‘n plek in die finaal teen Kempton Park.

Die spanne van Wesvalia en KHS wat in die semi’s gespeel het, is egter nie so gelukkig nie. KHS was die gasheer in Klerksdorp vir die eerste span se wedstryd teen HTS Middelburg en het met ‘n telling van 10-23 teen die besoekers vasgeval. KHS se o/16’s het teen Middelburg verloor met 11-17.

Wesvalia se o/15 A-span het ook die knie gebuig in ‘n naelbyter teen Zwartkop met ‘n telling van 10-11.

HTS Middelburg is eerskomende naweek die gasheer vir die finale wedstryde in die liga. Die Wessies speel teen Hoërskool Kemptonpark. Die span is nog onoorwonne die jaar en het in die laaste ligawedstryd teen Kemptonpark gewen met ‘n telling van 22-10. Klerksdorp hou duimvas.