KHS se Khuting Rugby-akademie onder leiding van Piet van Wielligh het agt spelers opgelewer vir die Noordwes o/15 Luiperdsspan wat Donderdag 27 Junie afskop teen die Sharks by die Rhinoweek in Vanderbijlpark. Die spelers is Rico le Roux, Gerrit Koen, MP Willemse, Jayden Hills, Simphiwe Nero, Kostakis Thanatopoulos, Jayden van Aswegan en Johan von Moltke. Tobie du Preez, o/15 Luiperds-spanafrigter is saam met die seuns op die foto.