Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die stad se meesterklapper is genooi om weer sy vernuf in Las Vegas te wys en daar is baie geld op die spel.
Tjaart “Piston” Kruger het bekendheid verwerf toe hy in Augustus 2022 vir Quintus Horn van Centurion in Sasolburg in ‘n “slapfighting”-kompetisie met een klap planke toe gestuur het. Sedertdien neem hy nog aan die nuwe sport deel en gaan binnekort in Las Vegas deelneem. Die prysgeld in Nevada is $10 000 (R183 000) ‘n klap en hy kan $40 000 (R732 000) huis toe bring. Dit is drie klappe en ‘n bonus van $10 000.













