Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Bikers Care NW dink aan sy medemens gedurende die Paastyd en reik uit na diegene wat by verkeersligte staan. Dié groep gaan Paaspakkies op Woensdag 16 April aflewer. Diegene wat wil saam gaan, kan om 16:30 by Champion Tyres in Cornielaan bymekaar kom en hulle sal om 17:00 vertrek.
Bikers Care NW is deel van die Bikers Ministry Kosh. Die Christian Motorcycle Association het ‘n “massride” na Potchefstroom op 17 April.
Die wat dit wil meemaak, kan om 10:00 by Star Raceway bymekaar kom. Hulle sal na Matlosana Mall vertrek en om 11:00 daar vertrek na Potchefstroom.
Johan Kleinhans het info by 082 534 2929.